Afrikaans PDF Print E-mail
Written by Maya   
Wednesday, 06 January 2010 11:24

Welkom

 

op ons webwerf en welkom ook by Leopard Leap Lodge, ’n weggesteekte juweel in die Waterberge, met asemrowende vergesigte en skouspelagtige sonsondergange.

Ons het op 31 Januarie 2007 vanaf Nederland vertrek om ons op hierdie 787 hektaar wildplaas te vestig. Die plaas se naam was oorspronklik Donkerhoek maar omdat ons dit nie bepaald uitnodigend gevind het nie, het ons die naam verander na Leopard Leap Lodge. Ons het hierdie naam gekies vanweë ons liefde vir ons eie gespikkelde kat, “Taiga”, en omdat hier in die omgewing ook luiperds voorkom.

Ons plaas is verder ook ’n toevlugsoord vir kameelperde, luiperde, sebras, elande, koedoes, njalas, rooibokke, gemsbokke, tierboskatte, rooikatte, hiënas, jakkalse, ystervarke, miervreters en verskeie kleiner diersoorte. Daar is ook ’n rykdom aan voëllewe aanwesig.

U word hartlik uitgenooi om saam met ons die grootsheid van die Waterberg-omgewing te kom geniet. Verblyf is moontlik in ons grasdak gastehuis (woonkamer, slaapkamer en aansluitende badkamer) of op ons toegeruste kampeerplekke. Ons wildsplaas is sowel ’n uitstekende plek vir voëlwaarnemers, natuurliefhebbers en wandelaars asook vir 4x4 uitstappies. Daar is ook nog die bykomende voordeel van die nabygeleë Groot Vyf gebiede soos Welgevonden/Marakele, Entabeni, Ka’Ingo en Mabalingwe sowel as  Botswana.

Die Waterberg is ’n Malariavry gebied en is slegs 3,5 uur se ry vanaf Johannesburg of die O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Neem gerus kontak op met ons indien u enige addisionele inligting benodig,

Jan en Maya Oosterhoff

 

Ons belewenisse in die eerste 4 maande hier in Suider Afrika het in boekvorm (in die Hollandse taal) verskyn: Taiga in Afrika  vir EUR 16.00 ISBN 978-908548244-4

Last Updated on Sunday, 05 February 2012 12:32